Ons beloof  ons liefde

Saterdag, 27 Maart 2027

Die Venue

Waar twee een word

Featherwood Farm
44 Nooitgedacht Rd, Rayton

Die Dress Code

Formeel | Swart, van kop tot tone

Ons vra dat swart die enigste kleur is.
Mans, los die wit hemp by die huis
!

Die Akkomodasie

Hoe om te RSVP?

Betaal 50% van verblyf teen 30 Nov 2026
en oorblywende 50% teen 28 Feb 2027

Die Tydlyn

10h00 
Saterdag Aankoms

By die akkomodasie

14h00 vir 14h30
Seremonie

Die begin van ons vir altyd

15h30
Canapés

Vier saam met ons

17h30
Onthaal

Laat die aand begin

18h45
Hoofgereg

Aan tafel

20h00
Nagereg

Iets soet

00h00 – 02h00
Boma Afterparty

Onthaal eindig, die aand nie

Sondag Ontbyt 07h30
Vertrek 09h00 

Laaste kuier om ‘n tafel

Wat om te Weet

Klein gaste bly die keer tuis

Dis ‘n kindervrye viering, asseblief.

Ons hou dit intiem

Geen plus-ones nie, asseblief.

Net ’n herinnering: Swart

Vir enige uitrusting noodgevalle sal swart verf beskikbaar wees.

Die kos-situasie

Bring eie verversings Saterdag oggend. Ons voorsien canapés, aandete en Sondag-ontbyt.

Jou koelerboks bly tuis!

Geen buite-drank word toegelaat (R3,000 oortredingsboete op jou)!

Maak jou “ek kom” vas

RSVP met 50% van jou verblyf teen 30 Nov 2026. Die oorblywende 50% is betaalbaar teen 28 Feb 2027.

Verblyf sal privaat gestuur word.

Geen fone. Net oomblikke.

Ons vra asseblief dat julle jul fone tydens die seremonie sal afskakel en dit foonvry sal hou.

Geen opsie vir laatwees

Ons vra dat gaste betyds by die kapel arriveer sodat die seremonie ononderbroke begin.

As iets breek?

Gaste sal verantwoordelik wees vir enige skade aan die verblyf, verlore kamersleutels of items wat tydens die naweek beskadig word.

Die Team

Bridesmaid Tsurisha

Om my beste vriendin te sien trou met die liefde van haar lewe is iets wat my hart ongelooflik vol maak. Ons het deur soveel saam gegaan, soveel gelag en soveel kosbare herinneringe gemaak. Sy is vir my meer as net ’n vriendin, sy is familie wat ek self gekies het. Dit is ’n groot voorreg om langs haar te staan op haar spesiale dag, en ek kan nie wag om hulle nuwe hoofstuk saam te vier nie.

Bridesmaid Charné

Ek is ń mense-mens, hopeless romantic en altyd game vir ń spontane plan – veral as dit goeie kos, lekker geselskap en ń glasie wyn insluit. Ek koester diep vriendskappe, die klein goed en mooi herinneringe. Ek is so dankbaar dat Pappa God my en Dalize se paaie by die kerk laat kruis het en bevoorreg om haar en Jonathan se liefde en journey van so naby te sien ontvou.

Groomsman Dian

Van ’n paar gemeenskaplike vriende tot harts-mense! Dis lekker hoe ’n mens soms net saam met die regte mense op ’n pad beland. Ek en Jonathan het deur die jare ’n sterk en goeie vriendskap opgebou met baie goeie tye en natuurlik ’n paar questionable brandewyn besluite. Ek is excited om saam met die paartjie hierdie volgende hoofstuk te vier!

Groomsman Sebastian

Ek en Jonathan het mekaar by die Discovery-kursus by die kerk ontmoet. Omdat ons altwee in die motorbedryf is, het ons sommer dadelik lekker gesels. By ons eerste braai was ek nog bietjie versigtig om te veel biere voor hom te drink. Min het ek geweet Jonathan gaan daai aand vir my wys hoe ’n mens dit behoorlik doen! Van daar af was die res geskiedenis.

Met Liefde gegee

Jou teenwoordigheid op ons troudag is ons grootste geskenk!

Indien jy egter graag iets wil gee, is daar ‘n honeymoon fund vir ons eerste avontuur as pas getroudes.

Aan ons Gaste

Dankie dat julle deel is van ons vir altyd. Met God as ons fondament en liefde as ons belofte, sien ons uit om ons trou dag saam met julle te vier!